|
Grey Kollege handhaaf steeds 'n sonderlinge en standvastige karakter. Met gesonde leerstellings word 'n bydrae tot ons land en bevolking gelewer — 'n kenmerk wat in die toekoms behoue moet bly.
Om aan hierdie instelling te studeer, is 'n voorreg wat lei tot verantwoordelike volharding, voortsetting en verbetering op die voorbeeld deur ons voorgangers daargestel.Ons sal die toekoms en sy uitdagings met deursettingsvermoë en standvastigheid aandurf met die volgende wapenrusting: Om getrou te bly aan die tradisie en standaarde van Grey Kollege tot voordeel van beskawing in die breë.
|